Die Mat.

Vandag sê iemand vir my “dankie” vir die mat wat ek ongeveer 27 jaar gelede vir haar gegee het?!!!!

Ag jy speel seker…..is my onmiddelike teen-reaksie. Ja, sê sy, ‘n groot volvloer mat wat ‘n hele kamer toelê….van hoek tot kant, al vir amper 28 jaar. Toe lag ek. En ek verséker haar sy verwar my met iemand anders. Nooit ooit het ek so iets gedoen nie. Sy begin die mat beskryf…..en toe is ek eers seker dit is nie ek nie.

Wag, sê sy. Ek dink ek het ‘n foto van die mat op my foon. Soek, soek, scroll, scroll…….hier is dit! En so waar as vet. Flashback. Dit was ‘n mat wat ek vir haar gegee het. She could have killed me……níks in my kon so iets onthou nie. Absoluut niks.

Ek is nie bekommerd oor ek basies GEEN lang termyn geheue het as dit kom by doen-dinge nie. Ek het wel ‘n perfekte lang termyn geheue van wat ‘n ander mens vir mý gegee of aan my gedoen het.

Ek sit verbaas en verstom en staar na die foto van die mat…..wat nog so mooi is, en so mooi opgepas is, en al die tyd so waardeer is.

Skielik hoop en bid ek…….dat elke Woord van die Here, elke Skriffie, elke opbouende woord, oor 30 en 40 en 50 en selfs 100 jaar, ook soos hierdie mat sal opspring. Vol liefde, waardering, dankbaarheid, versorging, aanvaarding en blydskap. Al het ek geheel en al vergeet dat ek ooit die Woord aan jou oorgedra het! Want die oomblik toe ek dit aan jou oorgegee het, het dit nie meer aan my “behoort” nie. En het ek nie verder enige “reg” op wat jy daarmee doen nie.

Shalom.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s