Wanneer GOD 31 jaar gelede….weer bymekaar bring.

Vandag het ek en Willem ‘n baie besonderse voorreg en blessing van God ontvang……..’n blessing, wat Hy in der waarheid al 31 jaar gelede vir ons almal in gedagte gehad het…..

Ek en Willem is op 10 Desember 1988 getroud. As jong meisie, was daar net een ding waaroor ek gedink en gedroom het, as dit kom by “my troue” eendag. Nie hoe my ring moet lyk, of my rok of my hare of die troukoek of die bruidskar nie. Ek het altyd gedink aan 2 klein blomme meisies. Ek het nooit vir myself gevra hoekom of waarom nie. Dit was net iets wat ek baie graag wou hê. Seker maar omdat twee van my mooiste, lieflikste, spesiaalsste oomblikke van my lewe, in my siel en gees ge-ets was. Ek was 2 keer as ‘n klein dogtertjie, 2 bruide se blomme meisie. En heelwat later, in my Standerd 9 jaar, was ek ook ‘n strooi meisie vir my ander “Ousus”; Bettie de Necker Langner. Ek ruik tot vandag toe die aroma van daardie tyd se satyn rokkies en ballerina tuttu met die pers sequins en die wit foamalite ganse met die confetti in. Asof dit gister gebeur het. Daardie kere, as klein dogtertjie, het ek myself verbeel ek is ‘n regte prinsessie uit Cinderella se sprokie.

Maar dis nie waaroor ek wil skryf nie. My eie 2 blommemeisies later, het die mooiste mooiste lilac-pers rokkies aangehad. Ek was heimlik gekker oor hulle rokkies as oor my eie trourok. Met alle liefde gesê. Hulle het soos 2 regte egte klein prinsessies gelyk. Die jongste enetjie was maar net 2 jaar en ‘n paar maandjies oud. Klein Lizanne. Ek onthou hoe sy in die kerk rond gestap het en haar Mamma agter haar aangehardloop het om haar op die regte plekke te hou vir foto’s en what not.

Hierdie dogtertjie, Lizanne Thiart, het intussen groot geword, getrou met Chris Dell, en al 2 keer Mamma geword. Vandag het ek die voorreg en wonderlike belewing gehad om Chris en Lizanne Dell, se 6 weke oud, baba seuntjie, James Tyler Dell, aan God toe te wy.

Klein Jamie het voor die diens begin het, reeds in my arms aan die slaap geraak. Jesus sê, elkeen wat ‘n klein kindjie in My Naam ontvang, ontvang My. Ek het ast’ware met ‘n Jesus-kindjie in my arms gestaan. Ek wou hom nie neersit of wakker maak nie….dus was daar net een groot genade. Praat en deel die Woord uit jou hart……”because your hands are tide”. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.

My gemoed het vol geskiet en my beker het oorgeloop, want die Heilige Gees het oorgeneem en ons almal terug geneem, op ‘n vinnige terugblik, oor ons 31 jaar reis……met soveel afdraai paaie, soveel gebeure, soveel verandering, so baie roetes. Maar een ding het dieselfde gebly. Jesus Christus se liefde. Om te dink Hy het 31 jaar gelede reeds klein Jamie se Dedication/Inseëning van vandag, in die fynste besonderhede beplan en bedink en gesien. Ps. 139 spel dit immers duidelik uit.

Ek dink nie aan ouderdom nie. Dit verdwyn wanneer Jesus teenwoordig is. Suigeling, jongeling en grysaard sal Hom saam loof en prys.

Ek weet een ding: Alles wat asem het, het vandag in en rondom daardie Thiart-woning, die Here geprys.

Prys die HERE!!!!

Shalom.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s