Vir JESS.

Opgedra aan Jess. My beer van ‘n seun, wie diep kyk, fyn luister en nooit doekies omdraai nie.

Kort en kragtig. Want hy lees nie lang dinge nie. Met Liefde, van Mamma.

*******************************

WAAROM baklei gelowiges m.m. ?

My seun stap vanoggend in die kombuis in en wil by my weet waarom klim Christene in mekaar se kele af oor sake en verskille en géskille, terwyl ‘n ateïs (ongelowige) eerder net sal wegstap en nie rusie maak nie? 🤔🤔🤔

Onbeskryflike valid vraag!!!

Dit verdien ‘n baie goeie truthful antwoord, sou ek reken. Soos ek is, oordink ek alles en soek ek áltyd die antwoord in die Skrif. Ek spartel sélf hiermee. Gelowiges stry oor dinge soos groot en klein doop, oor gospel musiek, oor vroue wat preek of nie mag preek nie, oor die gawes van die Gees, oor interpretasie van Skrifte, oor kerkordes,…….die lys is eindeloos.

Ek het diep gaan dink en ernstig hieroor gaan besin. Ek besef skielik: Die vraag, kan nie ge-antwoord word met redes op WAAROM nie. Die vraag kan nét ge- antwoord word, met hoe Christene sulke verskille en geskille MÓÉT hanteer.

In Romeine 14:1 tot 15:7 lê GOD, die antwoord klinkklaar uit.
Onomwonde.
Dit laat nie ruimte vir verdere redenasies of interpretasies nie:

Dìt is wat GOD sê, vir die een wie die ander een veroordeel……en dis wat GOD sê, vir die een wie die ander een verag. Alles geskrywe vanuit die KONTEKS van gelowige teenoor gelowige. KEUSE.

Ek gaan dit nie verduidelik, teach of uitlê vir enige iemand nie. Ek vat dit eerder heel eerste vir myself.

Shalom.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s