As mens jou ‘veiligheid’ verloor het, …..dan STAP jy, en jy gaan soek dit!

Opgedra aan die Bestuur van die Weskus Stap Klub: Paula Cilliers, Annemarie Thiart, Lisa Carmichael en Odette Ninow-Cullen.

********************************

Tyd om my blog oop te maak en te skryf. Ek skryf as ek geïnspireer word. Ek skryf as ek bly is, as ek hartseer is, as ek verveeld is, as ek kwaad is, as ek terneergedruk is, as ek wil. Wanneer ek wil en wat ek wil. Maar meesal skryf ek, volgens Matteus 12:34….”Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.”

My hart is vol van my splinternuwe ontdekking en belewing van stap. Ek glo elkeen wie by ‘n stapklub aansluit het ‘n “agenda”. My agenda is om iets te doen wat ek nog nooit voorheen gedoen het nie. Ek wou nie die baie goedkoop ledegeld in Februarie betaal nie, want ek het gereken die R20 per stap, gaan my dalk bring tot by R60, and that would be “pushing it”, for me…😂

Nou toe nou…..met die heel eerste stap, is die omgewing vir my bekend, die plaasvrou, en eienares van die 1e staproete, het 2 van my dogters se Matriek-afskeidrokke gemaak. Ek bevind myself in ‘veilige’ territory. Dit kan werk….dink ek. Ek praat nie hier van polisie-beskermings-veiligheid nie. Ek verwys na mens-wees-veilig.

Om “veilig te voel” is sekerlik my grootste prioriteit en siels-hunkering nog my hele lewe lank. Ek is oorbewus van mense wie hiermee die spot dryf. Ons word die “veilige-opsie-spesie” genoem. Wat beteken hierdie veilig dus vir my?

Ek was 18 jaar betrokke by ‘n dwelm-rehab, en ek het veilig daarin gevoel. Die plek het toe gemaak. Ek het 31 jaar gelede met Willem getrou, want ek het veilig gevoel by hom. Nou nog. Nie snotneus-verlief nie. Veilig.

My veilig en jou veilig gaan waarskynlik straate van mekaar verskil. My “veilig” se sinonieme is: WELKOM, GEBONDE, AANVAARBAAR, GELIEFD, BLY, NODIG, VRYHEID, RUIMTE, SPASIE, EERLIKHEID, OPREGTHEID, BELANGE, KONNEKSIES.

Dinge het gebeur, en met tyd, verloor ek ‘n enorme stuk van my ‘veiligheid’. Ek tas rond. Ek bedink planne. Ek verwyt…..want my veiligheid is aangetas, vermink en in my geliefdste core (bediening) is dit weggevat. Ek is eensklaps soos ‘n afkop hoender. Ek spring rond, maar kry geen rigting nie. Niks werk vir my uit nie. Ek sink in my eie skoene en soek die fout in myself. Spar Apteek se Prozen doen dit nie vir my nie, en die bedienings-veld, waar ek geglo het ek “tuis gekom het”, word ‘n eerste prys disaster! Not such a good place/space to find yourself in…..🤔

Op ‘n dag maak ek my whatsapps oop, en daar flits ‘n Stap uitnodiging. My breinselle sê vir my: “So wat het jy om te verloor? Pep Stores verkoop rugsakke en jy het mos darem ‘n bling waterbottel en tekkies. Laat jy gaan….!”👟👟

Vandag loop en gesels ons oor “konneksies”. Dit is een van die grootste misteries op die aardbol wat die mens se psige betref. Jy ontmoet iemand, en jou gees krap of jy connect. Sonder verduideliking. Sonder input of output. Sonder seremonie of performance. Sonder rede of probeer.

Ek hou van die gesegde: “Not my circus, not my monkeys”. Ek hou van die woorde: “Choose your circle well.” Ek hou van die woorde, “This is my tribe”; en “Amigos” het nuwe betekenis gekry in 2019 Survivor SA .

Elke Stap is splinternuut. Asof dit die heel eerste stap is. Dit herinner my nogal aan die Kersmarkte se tafels waar ‘n geliefde vriendin van my elke jaar hierdie tyd, baie hard werk. Ek het al saam met haar gaan uitpak, en by haar geleer en gehoor dat elke markdag se tafel die volgende dag so gestock moet wees, dat die nuwe kopers wat by die deur inkom, moet voel of hulle die heel eerste kopers is, al is dit dag 10.

Dit is presiés hoe ek die Weskus Stapklub se Staproetes beleef. Elke Saterdag is splinternuut! Asof ek pas begin stap het. Dit is elke keer die MOOISTE en die BESTE stap. Daar is elke keer nuwe inkomelinge en hulle is elke keer awesome. Stunning. Hulle beskryf vir hierdie 31 jaar lange Weskus inboorling, die Weskus met splinternuwe entoesiasme en ek sien die Weskus deur die mooiste Transvaalse brille. 😎Fantásties!.

Ek is goediglik gespot oor my wit tekkiekies in die vleimodder. Die pick-up kar het my amper op 15km moes insleep…..en vandag het ek my “gat” gesien op los klippe……of so het die neuro-chirurg later geloop en terg toe ek my laat afneem by die gat in die rots formasie.🤳🤦‍♀️ Ek voel veilig. Ek is veilig. Ek gaan weer veilig wees…..

Ter afsluiting. My eerbetoon en dank:

aan Paula (Stigter, dapper en dierbaar-lawwe girl);

aan Lisa (die LIGste, positiefste vrou denkbaar);

aan Annemarie (die fiksste, daringste, behulpsaamste, en mededeelsaamste) en

aan Odette (die vriendelikste, caringste, blymoedigste).

Julle dra by tot die herstel en die opbou van mý VEILIGHEID. Ek kan nie namens enigiemand anders praat nie. Hierdie is my tribute en dit is deur my siels-lens wat ek dit weergee. Ek gee nie om hoe moeg ek raak, hoe hard ek val, hoe vêr ek moet stap, of hoe maklik of moeilik julle roetes ookal mag wees, of nie mag wees nie.

Julle cator werklikwaar vir elke ouderdom, elke behoefte, elke skeet, elke vlak van fiksheid, elke ekpert en elke leek.

Ek spreek die seën van Jesus Christus oor elk van julle uit, op grond van ‘n Skrif wat my baie na aan die hart lê, en ook op grond van die feit dat hierdie spesifieke woorde, sekerlik een van Jesus se ‘eenvoudigste’ maar heel mooiste beloftes ooit in sy Woord is: Hou vas. Ek text en gee vir julle sy woorde:

Markus 9:41 “Elkeen wat vir julle ‘n beker water te drinke sal gee omdat julle aan Christus behoort, hy sal beslis die beloning daarvoor kry. Dit verseker Ek julle.”

Julle gee nie vir my net ‘n beker water nie. Julle gee vir my ‘n enorme stuk van my verlore VEILIGHEID terug. En die mooiste hiervan is……julle weet dit nie eens nie. God seën julle.

SHALOM.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s