Patrone. Net jy kan die mag wat dit oor jou het, breek.

Ek dink deesdae baie aan die konsep, of die begrip, PATRONE. Ek ontleed dit en ek hou dit fyn dop, deur die volgende vraag:

“So how well has that worked for you, up until now?”

Wat ‘n lieflike manier van stock taking!

Ons koop mos ‘n hond of ‘n kat of ‘n pappegaai. Dan werk dit nie heeltemal so lekker nie. Die bolle moet aanmekaar opgetel word, die hok moet nuwe skoon koerante inkry en die kosbakke moet skoon kom. Daar moet kos gekoop word en aandag gegee word. Ons wil gaan kuier. Dan werk dit nie so lekker nie……en dan koop ons mos nóg ene!🤦‍♀️

Of ons dieet. Ons skop wonderlik af. Ons koop supplements, ons betaal die ge-akkrediteerde (beste) dieet klub, vir die 5 de keer……want dié keer gaan hy werk. Let wel……die keer gaan hý vir my die ding doen. Die ander kere was die program te verveeld, of te duur, of te dit of te dat. Of die klub het toegemaak weens gebrek aan belangstelling. Die vrouens was nie meer vet genoeg of ryk genoeg of verveeld genoeg of desperaat genoeg nie.🤔

Die beste een. Ek gaan my kind vir die laaste keer mooi vertel wat mý huisreëls is, en hierdie keer is dit sy laaste kans……sê ons 10 jaar later nog steeds. As ons uiteindelik dit regkry om ons onsuksesvolle patroon tog raak te sien, pluk ons die liefdeskaart uit. Net om die patroon reg te trek sodat ons dit opnuut kan herhaal. Want……sê ons….. watter Ma gee dan nou op? En boetie of sussie gaan flink voort met hul donkerte.

Patrone.

Ons luv ons onwerkbare patrone. Ons klou vas aan ons patrone wat nog nét sadness opgelewer het. Ons volhard in ons patrone wat ons moeg maak. Ons ignoreer ons patrone wat ons skuldgevoelens versterk. Ons glo ons patroon gaan nog werk…..byt net vas. Hou aan en hou uit. Bid harder.

Tot ons by iemand anders instap en die Lig gaan vir ons op. Of, ons keer eensklaps die appelkar om. Ons is skielik onvergenoegd. Ons verafsku nou die “lieflike patroon” wat eintlik nog nooit gewerk het nie, en ons beskuldig almal, behalwe onsself. 🗣

Die flipside van die coin, is weer dat ons so vasklou aan ons een “werkbare patroon”, dat ons geen verandering (dit is groei) duld of inlaat nie. Ons stagneer en ons verklein ons eie wêreld in daai een patroon wat volgens ons, die “evangelie” is. Dit word ons dogma. En ons verloor kosbare siele, te midde van ons eie slimmigheid. Ons eie geskepte patroon. Noem dit ook ‘n ritueel.

Dit herinner aan die storie oor ‘n Gebedsgroep, wat een aand tydens hul samekoms so gepla is deur die kat, dat hulle hom toe met ‘n rooi strik vasbind aan die tafelpoot. Skielik word ‘n paar van hulle gebede verhoor, en daar word die arme kat toe elke gebedsaand aan die tafel se poot vasgebind…..met ‘n rooi lint.

Hoeveel katte bind ek en jy so vas?

Die sinonieme vir PATROON, is: model, design, mould, templet, influence, shape, style, recurring design, model or design used as a guide…..

Ek het gister ‘n patroon gebreek, wat nie meer werk nie. Dit werk al 7 jaar lank nie meer nie, maar ek het geklou en geklou en probeer en vas gebyt, want mens gee mos nie ‘n dier na 13 jaar goedsmoeds weg nie?!

Wel. Ek het. Ek het besluit en gekies dat ‘n pappegaai wie eenkant in ‘n hok sit, en my vir die 2de keer aanrand dat die bloed spat, moet gaan. Na ‘n beter lewe en na ‘n ander patroon toe. Dis seer. Dis emosioneel bitter in my stil gemoed. Ek het my opsies selfs gedeel met verskeie mense. Onbewustelik, met die onderliggende motief om nog ‘n bietjie uit te stel. Of erger nog, om dalk weer af te stel. Om maar die ou “patroontjie” te hou. Ek knyp my oë toe en ek text die weggee-whatsapp. 3h Vrydag middag is die saak afgehandel. Die patroon wat nie hier werk nie, is gebreek. Gestop.

Dit was die regte ding om te doen. My skuldgevoelens en selfsug is iets van die verlede.

Ons elkeen is verantwoordelik vir die keuse van ons eie patrone, maar ook vir die breek met patrone wat nie werk nie. Wat seer maak. Wat mens leeg laat. Wat geen positiewe verandering meebring nie. Wat nie meer opbouend is nie, maar net afbreek. Wat selfsug en eensaamheid voed. Wat skuldgevoelens verhoog. Wat moeg maak en af takel. Wat oor en oor misluk.

Jesus Christus is die Meester van patrone identifiseer. Hoe? Die sleutel Skrif is Matteus 16:23. Deur die Waarheid te praat. Deur nie mee te doen waar dit nie goed was nie, maar ook nie te oordeel nie. Deur te geweet het wie Hy is, wat sy doel op aarde was en waarheen Hy oppad was. Sekerheid. Selfbeheersing. GEEN twyfel.

A pattern is a model or a design used as a guide. Volg jy steeds jou pa of jou ma of jou held of jou medegelowige se patroon? Volg jy jou eie patroon?

Wie volg jy? Wat volg jy? Hoe lank volg jy dit al? En hoe goed werk dit vir jou uit? Net ek en jy kan besluit wanneer ‘n patroon moet bly en wanneer dit moet breek/stop?

Trots, Vrees en Onkunde (Gewoonte), hou ongewensste patrone vas. As dit vir jou werk…..wonderlik! As dit nie werk nie, vra jouself waarom breek jy dit nie?? Wat gaan jy verloor? Wat gaan jy wen? Net jý kan ‘n patroon wa nie werk nie, breek. Net jy kan dit stop. Niemand gaan dit vír jou kom doen nie.

SHALOM.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s