VROUEDAG.

VROUEDAG.
Wat was, sal weer wees….?🤔

Ek het 2 VROUE op televisie hoor praat oor hulle “happiest moments”; van jare gelede en gesien hoe hulle dit op ‘n baie hoë ouderdom, 70+ , weer opgevat het. Die een vrou het weer begin train om te swem, en sy palm die een medalje na die ander in. Die ander vrou het weer haar Modelwerk Loopbaan gaan optel, en geniet dit nou meer as ooit. Ander neem deel aan Kokkedoor en party beginne doen Parkruns en Half Marathons.

Wat gaan jy weer opneem? Want dis MOONTLIK!!! Waarom moet mens sit en verlang na wat was…..as dit weer kan wees? Waarom n aktiwiteit wat gesond was en oorvloedig joy gebring het, begrawe omdat jou “jare” nie meer daarna is nie?

Ek huil in my hart al 15 jaar lank oor my slalom ski wat in sy sak toegezip lê, onder die stof, in die Wendy huis. Vanoggend oefen ek in die Gym, op daai lieflike nuwe Roeimasjien en ek dink skielik: My genade! Ek wil weer Waterski! Ek het nie ‘n boot nie. My spiere is pap en swak. Maar ek het nog ski-toue, ‘n life-jacket en my lieflike Slalom Ski wat my hart net nooit kon of wou verkoop nie. Al wat kortkom is oefen, oefen, oefen en oefen…….al neem dit 12 maande of langer! Maar ek gaan. Die boot sal iewers uitpop. Daai is my minste worries. I am on a ROW…..

Drome hou mens positief en maak dat jy van jou jis af opstaan…..mits jy daarin wil glo.

Lees Prediker 3:15…..nogals onder die Opskrif: “Elke ding het sy vaste tyd.”

Vers 15: “Wat is, was reeds. Wat kom, was ook alreeds. God laat weer gebeur wat vroeër gebeur het.”

Feestelike VROUEDAG!!!!💃💃💃

SHALOM

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s