TYD

Opgedra aan ma en dogter…..ewe talentvol, ewe ‘giving’ en ewe mooi…van binne en van buite.

Vir Hanlie Jensen en Andrea Smit Jensen. Lief julle to the moon and back.

**************************************

Wat is nou lekkerder as ‘n sitkamer-gesprek, lekker proeseltjies kos en jou hartsvriende om ‘n tafel? Dis wanneer gesprekke oor onderwerpe soos die volgende, jou breinselle in mekaar laat vas hardloop. Wat is TYD regtig?

‘n Groep Sielkunde studente het onlangs by die Universiteit in Praag, ‘n voorlegging gedoen oor hierdie spesifieke onderwerp…..en die uiteinde was dat selfs die hoogs geleerde Dosent nie werklik hierop kon antwoord nie.

As iemand vir jou vra, wat TYD is, en wat TYD beteken, en hoe trek mens dit na God toe, as daar ‘n God is, wat gaan jy antwoord? Wat kán jy antwoord? Wat wil jy antwoord?

Soveel mense, soveel antwoorde. Elke land het ‘n tyd kalender en tyds berekening. Ons hele lewe hier op aarde wentel rondom tyd. Nie waar nie? Hoe dan anders?

Tyd verskaf struktuur. Tyd is die platform om dissipline te vorm. Tyd beskryf ons beskikbaarheid of ons afwesigheid. Tyd bepaal ons kom en ons gaan, ons sit en ons opstaan…..nie waar nie? Tyd maak dat ons geboortedae en gebeurtenisse vier.

Ek het in die HAT (die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal) die definisie en beskrywing van die woord, TYD, gaan opsoek. Sekerlik een van die langste beskrywings in die woordeboek, en steeds antwoord dit nie wat tyd regtig beteken nie.

1 Korintiërs 13:12 kom by my op….”Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos GOD my ten volle ken.”

My gedagtes wil nietemin steeds rondbaljaar oor tyd. Ek onthou die baie bekende hoofstuk in die Bybel wat ‘iets’ sê van tyd. Prediker 3:1-17. Die twee verse wat vir my uitstaan, is verse 11 en 15.

Vers 11: “GOD het elke ding gemaak dat dit pas in ‘n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens ‘n besef gegee van die onbepaalde tyd”

…. Dui hierdie dalk op die feit dat elke wese tog wonder oor ‘n ewige lewe?🤔….

“Tog kan die mens die werk van God van die begin tot die einde nie begryp nie.”

Ons ken inderdaad net ten dele…besef ek.

Vers 15: “Wat is, was reeds. Wat kom, was ook alreeds. God laat weer gebeur wat vroeër gebeur het.”

Is dit waarom ons so graag vir mekaar sê, dat die geskiedenis homself herhaal, of dat die wiel draai? Selfs al sou ons God ontken. Selfs al lees ons nie ‘n Bybel nie?🤔🤔

Skielik hardloop my breinselle reguit na die aksie of handeling wat ons “gebed/bid” noem. Waarom bid ons, as ons tydsbegrip so beperk of so verkeerd of so onkundig is?

Baie mense word kwaad, of gefrustreerd, of teleurgesteld of ten slegste, hulle verloor hulle geloof in GOD. Die GOD wie dan nie “tafel toe kom nie”. Ek bid mos al 10 jaar, of 22 jaar of 40 jaar. Die persoon vir wie ek so gebid het is dood, en nìks het ooit verander nie….🤔🤔🤔

In Jesaja 49: 8 sê GOD, die volgende: “So sê die Here: Op ‘n TYD wat EK goeddink, sal Ek jou gebede verhoor, op die dag wanneer Ek wil red, sal Ek jou help.”

In Handelinge 16:31 staan daar “Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.” (Daar staan nie wánneer of hóé nie!)

In 2 Petrus 3: 8 staan daar geskrywe: “Een ding moet julle egter nie vergeet nie, geliefdes: vir die Here is een dag soos ‘n duisend jaar en duisend jaar soos een dag.”

Hierdie Skrif gaan nie oor TYD nie, dit gaan oor God se GEDULD. Is God se “geduld” nie dalk die ware TYD nie? Is God se GEDULD en TYD nie dalk inderwaarheid, GENADE, nie?

OOPS!!!!

EN WOOOOUWH!!!!

My gedagtes hardloop verder…..in Hebreërs 13:8 staan daar….”Jesus CHRISTUS is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.”

Wat sê hiérdie woorde in Hebr. 13:8 dus oor tyd?

Slotsom:

My slotsom…is nie noodwendig jou slotsom nie. En dis okey.

Jesus Christus het inderdaad gekom om my begrip van tyd, nie te kom ongeldig maak nie, maar om dit volle betekenis te laat kry. Want deur IN Hom te glo, en IN Hom te bly en van Hom te leer, en Hom te volg, leef ek reeds ewiglik…..al is ek nog in my aardse tydsfeer.

WAT ‘N HEEEEEEEERLIKE TOPIC OM TE OORDINK!!!!! Dan is een van die 5 Tale van die Liefde, ook nog op die koop toe, so waar as vet……TYD!

SHALOM.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s