Bemoediging

Ek wil graag ‘n paar gedagtes deel en neerskryf oor die begrip, en die Bybelse waarheid, van BEMOEDIGING.

So baie gelowiges wie volgelinge van Jesus is, sal dadelik sê wat hulle “bediening” is. Hierdie bedieninge is opgeteken in die Skrif. Lees Romeine 12: 6-8 om maar ‘n paar “bedienings” te noem.

Maar dan praat Paulus ook in 2 Korintiërs 1 – 2 Korintiërs 2 :10 oor die bediening van bemoediging. Die opskrif gaan oor “Danksegging na ‘n moeilike tyd”.

Het jy al ‘n moeilike tyd moes deurstaan, sonder bemoediging? Was daar iemand wie met jou geduld gehad het, toe jy lyding verduur het? Het jy al swaar gekry, dat dit vir jou voel of dit net eenvoudig te vêr bo jou kragte gaan? Het jy al in allerlei moeilikhede verkeer en toe bemoediging só nodig gehad het, maar daar was niemand?

Bemoedig ons mekaar genoeg? Of luister ons om in werklikheid te oordeel. Dadelik “raad” uit te deel. Of ons glo ons het die regte bybelse teregwysing of antwoorde…..en moenie daai lieflike preeke van ons vergeet wat ons so graag vir mekaar afsteek nie. Veral ons Mammma’s na ons kroos toe.

Kom ons besin weer ‘n slag oor bemoediging. Hiervoor benodig ons nie “biblical teachings”; of geleerdheid of welsprekendheid nie. Maar dalk n geduldige oor. Dalk opregte belangstelling met een doel. Kom ek bemoedig hierdie persoon. Hoe?

Luister en offer ‘n gebed van deernis en omgee. ‘N Harts gebed. Net daar, op die plek. In die straat. In die winkel. In die plat geslane siel se motor of se portaal van haar huis. Net daar op die stoeptrappie.

Luister en gee medelye. Al beteken dit net dat jy vir die persoon sê: “Weet jy. Ek het geen raad of oplossings nie. Maar ek hoor jou hart. En ek sien jou pyn, jou lyding, jou worsteling. Ek vertrou saam met jou dat hierdie tyd sal verbygaan. Die son sal weer skyn.”

Of. Weet jy. Ek gaan vir jou bid. Elke keer as ek aan jou swaarkry dink, as die GEES my aan jou herinner, weet virséker, ek sal en ek wìl vir jou/julle bid. En dan doen jy dit. Sonder om verslag te gee van jou binnekamer gebede.

Daar is só baie seer reg rondom ons. Onder ons neuse. En ons almal strompel maar voort. Dit het al male sonder tal gebeur dat iemand net moed opgee. Selfmoord pleeg. In diepe depressie verval. So hartseer raak dat hulle net kwyn, onttrek en stil stil verdwyn.

2 Korintiërs 1: 4-5 sê GOD, ons kan mekaar bemoedig. In vers 5 staan daar dat daar vir ons OORVLOED bemoediging is deur Christus.

Ons wie Christus volgelinge is MOET ons mede gelowiges bemoedig. Dit bring my maar weereens terug na ‘n vorige skrywe wat ek geplaas het oor WOORDE. Wat gaan uit my mond uit? Jak ek iemand af? Verstoot ek iemand of ignoreer ek liewer daardie persoon wie swaarkry? Hy of sy moet maar ‘n brug bou……en oor die mislikheid kom.

Besef ek nie dat iemand wie swaar ly, baie dikwels die seerste byt nie? En dan maak ek dit “all about me”!?

Die wonderlike hiervan, is dat ek glo ons mag maar vra vir bemoediging. Almal kan nie ons lyding ruik nie. En elkeen is so besig met sy/haar eie lewe, dat ons doodgewoon nie wéét van mekaar nie. Om niemand te wil vra of te sê dat ek werklik bemoediging nodig het nie, is niks anders as ‘n stuk trots nie. Ek ly maar hier eenkant in my hoekie en klaar.

Maar waar vind ons werklike bemoediging? In die Woord. In Hebreërs 4:15-16 staan daar sekerlik die wonderlikste woorde van bemoediging, in die hele Bybel!!

Daar staan geskrywe dat die Hoëpriester, die Een is, wie medelye met ons swakhede het. En deur Hom is daar vir ons toegang tot God se genadetroon om barmhartigheid en genade te ontvang.

In 1 Kor. 14:3 staan daar dat ons woorde moet praat wat mense geestelik sal opbou, sal bemoedig en sal vertroos. Dit is wat “profeteer” werklik is. (Verse 1-3).

Bemoedig hierdie week iemand. Deur gebed, deur woorde wat geestelik opbou en troos. En as jy bemoediging nodig het. Vra dit dan. Vra dit van medegelowiges, en vra dit van die Een, die Hoëpriester, wie self aan versoeking onderwerp is, en daarom het Hy medelye met jou en met my.

Bemoediging, is sekerlik in hierdie land van ons, se huidige klimaat, die heel nodigste “bediening” van alle bedieninge. Sonder twyfel.

SHALOM

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s