Bellers en Texters

Opgedra aan my vriendin, Charlene Kritzinger. Sy gaan my nog convert om my foon te antwoord. 😉😂☎️📞

************************************

Bellers en Texters is soos Ekstroverte en Introverte. Soos dag en nag. Soos kat vs hond. Soos reën vs sonskyn. Kom ons praat daaroor……

Ons almal het praaters in die familie/ vriendekring, en daar is ook die tikkers (texters).

Dink ‘n bietjie terug toe jy jonger was en kwaad was vir jou pa of jou ma. Het jy dalk vir hulle n brief geskryf oor jou kwaad en dit op hul bed gaan neersit, of was jy gelable as die rebel. Die teenstribbeler. Die een wie altyd die laaste woord wil inskreeu. Jy sal weet.

Die bellers is hulle wie ‘n halfuur sal praat op ‘n verkeerde nommer. Die texter, daarenteen, sal by die aanhoor van die moontlikheid dat die persoon aan die ander kant van die lyn ‘n verkeerde nommer geskakel het, summier die foon neer smyt. Of baie kortaf en snappy dit aankondig dat die oproep ongewens is, netsoos die nommer.

N Beller kan nie verstaan waarom jy hom/haar nie bel nie. Maar wees gerus. Hulle beleef dit nie as verwerping nie. Inteendeel, dan hou hulle èèrs aan om jou te soek. Dis nou vir jou, wie die tikker is.

Dan sê die bellers ook dis omdat hulle nog net vir laaste jou stem graag wil hoor…..netnou kom jy iets oor. Die texter wou weer so graag vir oulaas net daai laaste mooi opregte woorde neerpen……sodat jy of iemand anders dit kan nalees. Soveel as wat hulle wil.

Die beller is vinnig van geaardheid, praat vinnig (en baie); dink vinnig en doen vinnig……en hulle is besonders effektief in hul doel. Die texter “dink”; en oorweeg, en herkou, en oordink en beplan en is net so effektief, indien nie meer nie.

Dank Vader vir die voicenote opsie op whatsapp……anders het die beller seker whatsapp geditch. Vir die texters is whatsapp paradys. Solank whatsapp net nie verdwyn nie. As hulle ‘n selfoon gaan koop, vra hulle of die ding kan whatsapp. Die bellers daarenteen, soek koorsagtig na die mees effektiefste oproep-pakket, en upgrade ook gou gou die hoeveelheid oproepe per maand.

Die texter raak aan die bewe met die druk van die knoppie vir ‘n moontlike voicenote…….hulle beginne praat eers hier by 5 of 6 sekondes wat verby tik. Of nee, hulle 1e voicenotes misluk gewoonlik. Hulle voicenote so 2 of 3 keer voor hulle dit stuur. En hulle luister dit eers self deur. (Kon al intussen ‘n hele hoofstuk getext het….)

Daai beller, wie dit ontvang, is none the wiser en verstaan nie die agony wat so pas in daai voicenote ingegaan het nie!!!. Ek meen, die texter het haar foon nou eers erens gaan bêre….vir ‘n rukkie. Om te herstel van al die verspilde energie van probeer om te voicenote.

Maar texters……julle moenie ‘n Verjaardag FB post verwag van julle beller vennote nie. Daar sal staan: Sannie Boointjie na Karen Kasselman Theart: Geluk. Of, Verjaar lekker. Of, Baie geluk met jou Verjaardag. That is pushing it. Dan is hulle dood getext. En dink sommer by hulleself. Dis nou sommer stront hierdie…..waar’s haar nommer. Kom ek bel haar liewer.

Bellers. Het julle geweet dat die grootste geskenk wat julle n tikker op haar/sy verjaardag kan gee is om NIE ‘n uur met hulle te wil praat nie?. En as jy glad nie bel nie, ……..gaan daai tikker dalk waaragtig vir jóú bel, uit pure dankbaarheid dat sy ‘n oproep gespaar was van kamtig bly moet wees oor jy gebel het.

O ja, en die ultimate classic favorite ding van die bellers om te doen……hulle praat nog so heerlik oor die foon, dan sê hulle skielik vir die ander beller met wie hulle praat………raai wie sit hier langs my? Soooo opgewonde en bly. En dan skuif hulle gretig oor na jou toe. Jou moed val in jou skoene want hulle gewaar nie een enkele van jou histeriese handgebare nie. Hulle druk liefies die foon vas teen jou oor…….maar wegkom sal jy nie. Praat sal jy praat pappie, of daar is weerbarstige spanning in die lug na die heerlike ou telefoon gesprekkie. Afterall, jy hoef net “HELLOOOOOH” te gesê het.

Texters. Julle sit en lag verniet nou so lekker. Jou texting word at best gevluglees, ge-delete of heeeelwat later vinnig oorgekyk terwyl jy nog so lekker sterk into your emotional texting voort tik. Die beller verstààn nie jou text nie hoor. Ook word daar verskriklik lekker gelag -agter jou rug – oor jou elle lange geborduurde boodskappe. Jy besef natuurlik dat GEEN beller kan bybly by jou texting nie. En ja, jy sit en wág vir beller se deeglike trug response op jou baie mooi en intens uitgedinkte harts gedagtes. Salig onbewus van die paniek wat jy saai -want die beller kry nie ‘n woord in nie. Jy gee ook nie kans nie. Jy text boeta, want jy wil net nog dít ook by sê. O ja, en jy is flink met die emoji’s. Hulle kleur jou texting so mooi en hulle versterk jou woordjies te mooi. En die beller sweet, want die beller het géén idee waar jy nou weer daai nuwe smaller, meer helder hartjie, uitgegrawe het of daai blaar of daai piekniek-prentjie nie.

Jip. Ons het bellers en ons het texters. Ons is bellers of ons is texters. Far and inbetween kry jy die wie nie een van die twee slots beklee nie. Hulle bel niemand en hulle text niemand nie. Hulle het GEEN probleem as hulle nooit gebel of getext word nie…..maar tog vra hulle graag wat gesê is. En gewoonlik weet hulle alles. Seker maar die stalkers. Ek weet nie wat ek hulle moet noem nie…..maar ek verstout my deur ook nou nie meer aandag aan hùlle te wil gee as hierdie twee lyne nie.

Die beller gaan nie ophou bel nie. My Ma is ‘n beller. Sy is die gom wat ons almal bymekaar hou, want sy bel. Of jy nou wil praat of nie. Sy whatsapp en sy sê ek wil jou bel. Nou. Kom tot by jou foon. Sy lig ons almal in van die nuutste nuus en sy maak seker haar vier kinders leef nog, en praat met mekaar. Priceless!

Onthou net een ding. As ‘n texter (‘n tikker) jou bel, is dit ernstig. Dit is opreg. Dit is ‘n hoogste vorm van ‘n geskenķ aan jou, as jy ‘n beller is. En dit is beplan, dis deurdink en dit is uit LIEFDE.

Texters…….die bellers gaan bel. Klaar. Maak vrede daarmee. Hulle gaan NIE vir jou ‘n love letter skryf nie. Vergeet daarvan. Maar glo my, hulle geniet joune terdeë, en opreg. Dis nou die kere wat hulle actually gaan sit met hul glas wyn en jou texting lees! Hulle spog met jou. Nie spot nie. Spog. Hulle vertel of lees vir ander wat jy skryf. En hulle bewonder jou kuns van skryf. Hulle copy/paste vinnig en graag dít wat jy geskryf het, na ander toe. Waardeer hulle. Bel hulle so eenkeer ‘n maand. Nee. Daai is te veel. So eenkeer in 3 maande.

Op hierdie lekker texting noot, groet ek al my beller vriende en familie. Ek gaan NIE my foon antwoord nie. Net vir my Ma is ek versigtig…. LOL! Sy bel en bel en bel tót ek antwoord. En vir háàr het ek nog altyd respek. Al is ek al amper saam met haar in die Ouetehuis.

Liefde en Vrede.

Karen. Die Texter.

Advertisements

2 thoughts on “Bellers en Texters

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s