Wanneer VEROORDEEL ons, en hoe BEOORDEEL ons?

Matteus 10:26
“Moet dus nie vir mense bang wees nie. Daar is niks bedek wat nie openbaar gemaak sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie.”

Matt 12:25
Jesus weet wat ons dink.

Matt 12:34
Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. 35 Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart.

Jeremia 17:9
Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan? 10. EK, die Here, deurgrond en toets hart en verstand, Ek laat die mens kry wat hy verdien, wat hom toekom vir wat hy doen.

Jeremia 17:15
Die mense vra vir my: “Waar is die Woord van die Here? Laat dit tog kom!”

**********************************************

Hierdie Woord is wat vandag in my hart opkom en wat ek bepeins. God alleen deurgrond en toets hart en verstand. Wie kan ‘n ander se hart lees of toets? Dan speel ons regter en ons is veroordelend.

Tog gee die Here ons sy Gees. 2 Korintiërs 13-16, is waar. V.15 Die mens wat die Gees van God het, kan die waarde van alle dinge beoordeel, maar self kan hy deur geen mens beoordeel word nie. 🤔🤔🤔

VEROORDEEL (Jakobus 4) en BEOORDEEL (1 Korintiërs 2 ); is waaroor elke Gees vervulde Jesus volgeling daagliks moet besin.

Jy moet kan BEOORDEEL waar jy moet vertoef en wanneer jy moet vertrek, sònder om die omstandighede of die mense te VEROORDEEL.

“Daar is vir alles ‘n regte tyd om te kom en te gaan. Die geheim is om nie te gou te kom of te gaan nie.” – uit TOORBOS, Dalene Matthee. (Bl. 248)

Shalom! 🙏💕💬♥️🕯📖

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s